Wintersport-wedstryde teen Nellies ‘n uitdaging
Dit was 'n opdraande stryd vir wintersportspanne van Laerskool Witrivier toe hul op 21 April teen Laerskool Nelspruit kragte gemeet het.
Die skool was gasheer vir agt rugbyspanne en 15 netbal- spanne en die besoekers het op die ou einde die meeste wedstryde gewen.
Laerskool Witrivier se eerste netbalspan het met 19-6 hul teenstanders oorrompel en die o/13B’s het met 14-3 ook ‘n oorwinning verseker. Die o/11B’s was die enigste ander span wat met hul teestanders kon afreken en het met 8-6 gewen.
Die Ford Nellie Leeus het Witrivier se o/13 A-rugbyspan met 29-12 geklop en hul tweede span het met 36-0 gewen. Die derde span was egter tops en het naelskraap met ‘n telling van 16-14 gewen. Die o/11B’s het ‘n wen-telling van 12-7 gehad, terwyl die 0/9B’s gelykop met 5 punte elk geëindig het.
Die spanne gaan nou hard oefen om op 5 Mei weer die Nellies aan te vat en hierdie keer heelwat meer oorwinnings te behaal.
