Bergies se bulletjies te sterk vir hul opponente
Agsteman Lourens Potgieter het veral met sy kraglopies beïndruk wanneer hy soms met gemak verby vier verdedigers verbygehardloop het.
Laerskool Bergland en Witrivier het mekaar verlede week die stryd op laasgenoemde se rugby- en netbalvelde aangesê met Bergland se eerste rugbyspan wat ‘n indrukwekkende 40-0-oorwinning behaal het.
Bergies se rugbytrots het met ‘n indrukwekkende voorry en blitsige losvoorspelers die hele wedstryd van begin tot einde oorheers met Witrivier wat gedurig moes verdedig.
Agsteman Lourens Potgieter het veral met sy kraglopies beïndruk wanneer hy soms met gemak verby vier verdedigers verbygehardloop het.
Lourens het ook ‘n paar uitstekende drieë gedruk en die momentum aan die besoekers oorhandig.
Laerskool Bergland se tweede rugbyspan het ook skoonskip met ‘n 20-0-oorwinning gemaak waar Riaan van den Berg en Jumar Willemse uitgeblink het. Bergland het deurentyd as ‘n span saamgespeel wat dit vir Witrivier bemoeilik het om enigsins ‘n voet in die deur te kry.
Witrivier se o/9’s kon tog met ‘n 45-0-oorwinning spog met die jong rugbybulletjies wat op ‘n vroeë ouderdom al die veld aan die brand gehardloop het. Laerskool Witrivier se skrumskakel, Daniel van Staden, het een van die drieë van die dag gedruk toe hy van sy eie middellyn af, deur menige verdedigers gehardloop het.
Witrivier se o/13A-netbalspan het nie teleurgestel nie en op hul goeie vertonings vanjaar met ‘n 34-9 wen voortgebou.
Bergland se o/12 netbalspanne het wel ook welverdiende oorwinnings behaal.
Uitslae
Rugby:
O/9: Witrivier 46 – Bergland 0
O/10: Witrivier 0 – Bergland 39
O/11: Witrivier 45 – Bergland 21
Derdes: Witrivier 27 – Bergland 24
Tweedes: Witrivier 0 – Bergland 20
Eerstes: Witrivier 0 – Bergland 40.
Netbal
O/13 A: Witrivier 34 – Bergland 9
O/13 B: Witrivier 10 – Bergland 4
O/13 C: Witrivier 0 – 15 Bergland
O/12 A: Witrivier 5 – Bergland 10
O/12 B: Witrivier 5 – Bergland 15
O/11 A: Witrivier 5 – Bergland 12
O/11 B: Witrivier 15 – Bergland 3
O/11 C: Witrivier 5 – Bergland 6
O/10 A: Witrivier 1 – Bergland 30
O/10 B: Witrivier 4 – Bergland 7
O/9 A: Witrivier 3 – Bergland 6
O/9 B: Witrivier 5 – Bergland 3
O/9 C: Witrivier 0 – Bergland 1.
