School sportSport

Robbies skuts bly tops

Hoërskool Rob Ferreira se skuts het die seisoen op 'n hoë noot begin deur verskeie podiumplekke in te palm tydens 'n onlangse skietkompetisie by Hoërskool Bergvlam.

Die ure se oefening het beslis die Robbies skuts op 21 tot 23 April gehelp om hul skool trots te maak.

In die o/14-afdeling het Zanté Bensch ‘n eerste plek verwerf, Lee Buys (gr 7-leerling van Laerskool Witrivier) ‘n tweede plek en Pikkie Theron ‘n derde plek. Die o/16’s se Nicolan Appasamy het derde gekom. Franzel Theron, Mari-Loïs Nel en Leigh Douglas het die eerste drie plekke in die o/21-afdeling ingepalm.

Die volgende kompetisie vind op 22 en 23 Mei by HTS Middelburg plaas, gevolg deur ‘n kompetisie by Hoërskool Rob Ferreira van 26 tot 28 Mei.

Die leerlinge se afrigter sê die sport is ‘n goeie manier om konsentrasie te verskerp en leer mense om faktore van buite uit te sluit. Meisies en seuns ding mee teen mekaar, wat help om hul vaardighede te slyp.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button