LHS se tweedes sit hul triomftog voort
"Dit was 'n behoorlike naelbyter en ons was gelykop tot op die einde".
Lowveld High School (LHS) se tweede seunshokkiespan het die afgelope week onoorwonne gebly toe hulle in die doodsnikke van ‘n vriendskaplike wedstryd met hul teenstanders afgereken het.
Dit was wel allermins ‘n weghol-oorwinning.
LHS moes diep delf om met Curro se veglustige o/16-span af te reken.
Dié wedstryd is eers in die laaste minuut beklink toe Ketelo Ndlala die wendoel aangeteken het om die telling 3-2 in hul guns te beklink.
“Dit was ‘n behoorlike naelbyter en ons was gelykop tot op die einde,” het Elmarie Botha, afrigter van LHS, gesê.
Die skool se eerste span het in die voetspore van die tweede span gevolg en met 3-0 oor Curro in ‘n ligawedstryd geseëvier.
“Beide die wedstryde was in ‘n baie goeie gees gespeel, en ons as afrigters was baie tevrede met die uitslae,” het Botha afgesluit.
Klik hier vir meer foto’s.
