Laerskole sê mekaar die stryd aan op die sportveld
Bergland se rugbyspanne het ook nie teleurgestel nie en vier van die ses wedstryde in hul guns beklink.

Dit was Donderdag ‘n behoorlike miernes van bedrywigheid op Laerskool Bergland se velde toe wintersportspanne kragte met Laerskool Laeveld gemeet het.
Dit was veral die gashere se o/10A-netbal-span wat die aandag getrek het toe dié dogters hul onoorwonne status vir die jaar voortgesit het. Sedert die begin van 2015 het die kranige netbalspelers nog nie een wedstryd verloor nie.
Hulle was ook onlangs die kampioene van die Super 8-kompetisie in Polokwane. Bergland se rugbyspanne het ook nie teleurgestel nie en vier van die ses wedstryde in hul guns beklink.
Die eerste span het met 31-7 oor hul opponente geseëvier en die tweedes met ‘n telling van 32-5. Laeveld se senior netbalspanne het egter vir groot opwinding en verskeie naelbytvertonings gesorg.
Dié skool se eerste span het Bergland met 21-11 geklop terwyl die tweedes net-net die knie moes buig toe laasgenoemde met slegs twee doele gewen het.
Netbal:
O/9A: Bergland 2-Laeveld 20
O/9B: 1-10
O/10A: 32-6
O/10B: 13-4
O/11A: 14-9
O/11B: 5-11
O/12A: 12-7
O/12B: 14-9
O/13A: 11-21
O/13B: 14-12.
Rugby:
O/9: Bergland 0-Laeveld 34
O/10: 25-5
O/11: 24-5
Derde span: 14-29
Tweede span: 32-5
Eerste span: 31-7.
