Nellies se sterspanne deur na streekuitdunne
Drie van Laerskool Nelspruit se netbalspanne is deur na die nommer een-streekuitdunne wat eersdaags in Witrivier plaasvind.
Dit nadat die o/11B’s en o/12B’s verlede week hul besoekers, Nelspruit Primary, geklop het.
Nellies se o/12A-span het nie teen Primary gespeel nie, maar het vroeër ook vir die uitspele gekwalifiseer.
Beide die o/11- en o/12B’s het met meer as 10 doele teen hul gedugte teëstanders gewen. Die o/11- en o/13A’s het as nommer twee in die kring deurgedring.
Die eerste rugbyspan se wedstryd was senutergend, maar die tuisspan het uiteindelik met 26-20 as wenners van die veld afgestap.
Rugby
O/9A – Nellies 29-Primary 0
O/10A – Nellies 17-Primary 0
O/11A – Nellies 31-Primary 0
O/11B – Nellies 43-Primary 0
Tweede span – Nellies 44-Primary 0
Ford Nellie Leeus se eerste span – Nellies 26-Primary 20.
Netbal
O/9A – Nellies 9-Primary 4
O/9B – Nellies 7-Primary 1
O/10A – Nellies 30-Primary 0
O/10B – Nellies 20-Primary 0
O/11A – Nellies 19-Primary 8
O/11B – Nellies 10-Primary 2
O/12B – Nellies 12-Primary 1
O/13B – Nellies 1-Primary 5.
