Hokkiespanne veg verbete in aanloop tot eindstryd
Danél Bieldt van Robbies se eerste span het 'n sleutelrol gespeel teen Hoërskool Nelspruit (NHS) en die septer agter met haar ysterhoue geswaai.
Die skool wat as 2015 se Mpumalanga-hokkiekampioen aangewys wil word, moet weet dat dié gesogte prys nie maklik gaan kom nie. Na die afgelope naweek se uitspele wat op Hoërskool Rob Ferreira se velde plaasgevind het, was dit duidelik dat spanne diep gaan moet delf om dit reg te kry.
Danél Bieldt van Robbies se eerste span het ‘n sleutelrol gespeel teen Hoërskool Nelspruit (NHS) en die septer agter met haar ysterhoue geswaai.
Die kaptein van die oranje span, Inge Meyer, het kort voor die einde van die kragmeting ‘n doel ingeskiet om die telling
1-1 teen Nellies gelyk te maak.
Carlu Meyer van NHS het net voor rustyd haar span se eerste en enigste doel aangeteken en was vuurwarm op die voorvoet.
Die volgende ronde word hierdie naweek op Hoërskool Volksrust se gronde gespeel. Die wenners en naaswenners uit elke poel speel 24 Julie in die half- en eindstryd.

Nelspruit het vroeër die dag 3-1 teen Hoërskool Ermelo vasgeval. Hulle kom in hul eerste wedstryd teen Curro Nelspruit B te staan wat maklik behoort te wees aangesien Ermelo 7-0 met Curro afgereken het.
Robbies het met hul tweede wedstryd 2-1 teen HTS Middelburg verloor.
Penryn se o/14’s het goed teen Ligbron vertoon en 2-2 elk gespeel, maar in hul tweede kragmeting met vyf doele teen Middelburg verloor.

Die plaaslike skool se o/16’s se wedstryde het óók in ‘n gelykopuitslag geëindig.
Net die o/15’s van Uplands College het ook op die dag gespeel en ‘n moeilike tyd met stok in die hand beleef.
