School sportSport

Vlammie op pad na Colombië

Maudas Banda het onlangs gekwalifiseer om aan die Internasionale Atletiekfederasie se Wêreld-jeugkampioenskappe te gaan deelneem.

Maudas Banda, die atletiekheld van Hoërskool Bergvlam, is op pad om aan die Internasionale Atletiekfederasie se Wêreld-jeugkampioenskappe te gaan deelneem.

Dié 17-jarige spring ver. Sy persoonlike beste afstand is 7,37 meter. Hy is na sy deelname aan die Suid-Afrikaanse Ope- kampioenskappe in Tlokwe op 8 en 9 Mei tot die span verkies, wat vanaf 15 to 19 Julie in Cali, Colombië aangebied word.

Maudas het onlangs ‘n vierde plek by die Afrika-spele in Mauritius losgespring, waar hy die enigste atleet van Mpumalanga was.

Hy het vroeër vanjaar ‘n eerste plek by die Suid-Afrikaanse Skolekampioenskappe behaal. Verlede jaar het hy aan die o/20-Jeugspele deelgeneem. Hy het ‘n goue medalje by die Suid-Afrikaanse Junior Atletiekkampioenskap gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button