School sportSport

Nellie-dogter mik vir sukses

'n Sportprestasie wat jy teen die yskas kan vaspen, is die van Ishah Holder.

Sy het van 7 tot 9 Augustus aan die Africa Campionship Defensive-pistoolskietkompetisie in Cullinan deelgeneem en toeskouers met haar skietvernuf verstom.

Dié gr. 10-leerling het haar staal gewys en twee medaljes ingeplam nadat sy ‘n derde plek in die junior- sowel as die CCP Marksman-afdeling behaal het.

Sy het vir die Afrika-kampioenskappe gekwalifiseer nadat sy onlangs by die Lebombo Defensive Pistol Club se jaarlikse liga in Komatipoort uitgeblink het. Daar het vier klubs aan die kompetisie deelgeneem en die Nellie is as die beste vroueskut in die Concealed Carry Pistol-afdeling aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button