School sportSport

Rob-skuts op pad na SA’s

Die skuts wat Hoërskool Rob Ferreira die afgelope naweek by die Mpumalanga-finale in Ermelo verteenwoordig het, is op pad na die SA kampioenskappe.

Stephan Holtzhausen wat in die o/21-afdeling deelgeneem het, het die beste gevaar en vierde in die provinsie geëindig.

Michael Deysel het ‘n vyfde plek in dieselfde kategorie losgeskiet en die o/14-skut, Theo Loock, was ook vyfde.

Die skole-kampioenskappe vind vroeg in Oktober plaas.

Die skuts het die volgende plekke in die provinsie behaal:
O/14
Theo Loock – vyfde
Zante Bensch – agste
Lee Buys – 10de
Pikkie Theron – 12de

O/16
Casper Odendaal – 23ste

O/21
Stephan Holtzhausen – vierde
Michael Deysel – vyfde
Franzel Theron – negende
Leigh Douglas – 14de
Mari-lois Nel – 20ste

Nog sportnuus
Krieket
Die o/15B-krieketspan het Lowveld High met 10 paaltjies gewen. Die derde span het teen Curro Nelspruit College se tweede span meegeding en was met sewe paaltjies baas. Die tweedes het op Rob se gronde teen Hoërskool Lydenburg gespeel. Die tuisspan het hulle beste gegee, maar kon nie die 228 najaag wat Lydenburg in hulle beurt aangeteken het nie. Rob teken slegs 84, almal uit aan. Die o/15A’s het teen HTS Middelburg gespeel en kon nie die mas opkom nie. HTS het 242 lopies almal uit aangeteken terwyl Robbies met 114 lopies almal uit tevrede moes wees.

Tennis
Robbies se eerste tennisspanne het teen Nellies gespeel met die seuns wat 32-23 gewen het en die dogters wat 24-31 vasgeval het.

Rugby
Rob se 7’s-rugbyspan het die afgelope naweek aan die Frans du Toit-toernooi in Phalaborwa deelgeneem. Hulle het die platefinaal gewen deur HTS Tom Naudé met 26-12 af te ransel.
Uitslae
• Rob 45 Merensky 5
• Rob 31 Capricorn 15
• Rob 0 Frans du Toit 15.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button