School sportSport

Kinders kan darem nog net vir die pret sport op skool beoefen

Nelspruit Primary het op 15 Augustus 'n vriendskaplike toernooi vir o/10's aangebied.

Nelspruit Primary het verlede naweek hokkietjokkers van oraloor by hul skool vir ‘n paar vriendskaplike wedstryde verwelkom. ‘n Totaal van 16 Laeveldse skole het hulle seuns- en dogterspanne na dié o/10-dag gestuur.

Elke span het uit agt spelers bestaan wat elk sowat drie of vier wedstryde gespeel het. Irma Piso van Nelspruit Primary verduidelik dat dit nie presies minihokkie is nie, maar dat spelers hierdie jaar eers vanaf o/11-ouderdom af in ligas deelneem.

Vir al die jonger spelers gaan dit nog oor die pret en ontwikkeling van die spel.

Die groot getal entoesiastiese spelers op dié dag wat hulself gate uit geniet het, dui op ‘n gesonde toekoms vir die spel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button