Lowveld troef Vlammies se seniors in sokker
Slegs Bergvlam se junior seuns kon met twee elk teen die gashere gelykop speel.

Die jaarlikse sokkerderby tussen Hoërskool Bergvlam en Lowveld High School (LHS) is verlede week op laasgenoemde se velde beslis.
Ronald Msimango, LHS se sport-organiseerder sê dit was, soos elke jaar, opwindende wedstryde.
“Die kompetisie tussen die skole was sterk aangesien albei ‘n punt wou bewys.”
Die junior seuns se wedstryd was vuurwarm. LHS het eerste ‘n doel aangeteken om teen halftyd met 1-0 voor te loop. Maar Bergvlam se afrigters moes hul spelers geïnspireer het, want hulle kon vroeg in die tweede helfte die gelykmaker aanteken.
Minute later het hulle met 2-1 voorgeloop. Tog het LHS veggees aan die dag gelê om ook ‘n tweede doel in die doodsnikke van die wedstryd aan te teken.
Ander sokker-uitslae:
Senior dogters: LHS 1-0 Bergvlam
Senior seuns: LHS 1-0 Bergvlam.
- Sien meer foto’s van die sokkerderby tussen LHS en Bergvlam hier.
