School sportSport
Spelers wys hul slag met ‘n kolf
Laerskool Numbi se veld het van die jong krieketspelers gewemel tydens die skool se minikrieketdag op 15 Augustus.
Drie-en-veertig spanne vanaf gr. R tot twee het hul slag met ‘n kolf en veldwerk gewys met skole van so ver as Ohrigstad wat deelgeneem het aan Laerskool Numbi se mini-krieketdag op 15 Augustus.
Opgewonde ouers het langs die veld hul bloedjies aangemoedig om soveel lopies moontlik aan te teken en daar was ‘n groot gejuig en gekreun elke keer wat ‘n speler uitgevang is.
Stalletjies met heerlike eet- en drinkgoed het honger magies gevoed en elke speler het ‘n ysie vir hul harde werk ontvang.
Laerskool Numbi wil graag hul personeel en werkers vir die harde werk bedank om die dag so ‘n sukses te maak.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
