School sportSport

O/15 A-krieketspan herskryf Nellies se geskiedenisboeke

Hoërskool Nelspruit se o/15 A-krieketspan het die afgelope naweek opslae gemaak toe hulle die hoogste aantal lopies in die skool se geskiedenis aangeteken het.

Dié span het eerste teen HTS Witbank gekolf en ‘n reusetotaal van 567 lopies geslaan. Jandru du Plooy en Jacques Vosloo het die toeskouers beïndruk en onderskeidelik 242 en 118 lopies aangeteken. HTS Witbank kon slegs 93 aanteken en die Nellies het met 474 geseëvier.

Die eerste span het ook ‘n goeie oorwinning van 179 lopies oor teenoor HTS Witbank behaal en Divan Jacobs het ‘n honderdtal aangeteken.

Die Nellies se o/15-spanne het hul staal gewys toe die o/15 B’s ‘n oorwinning van 169 lopies teen Uplands College behaal het en die o/15 C’s vir Curro met sewe paaltjies gestuit het. Seth van Huyssteen en Timothy Townsend het elkeen ‘n honderdtal vir die o/15 B-span aangeteken.

Albei die o/14-spanne het die knoop deurgehaak toe die A-span met sewe paaltjies teen Penryn se o/15 A’s afgereken het en die o/14 B’s met 74 lopies teen Lydenburg se o/14 A’s gewen het.

Die vierde span het ook hul deel gedoen en daarin geslaag om Penryn se tweedes met 10 paaltjies te klop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button