Bergland en Lydenburg kraai koning by sewestoernooi vir laerskole
Dit was bloedig warm verlede Saterdag, maar die o/11- en o/12-spelertjies het hulle nie laat afsit nie.

Dit was Saterdag so warm dat die sewesrugbyspelers se wedstryde by Laerskool Nelspruit van sewe na vyf minute aan ‘n kant verkort is.
Desnieteenstaande het die spelers hulle nie laat onderkry nie.
Dié wedstryde het deel van ‘n Laeveld-reeks gevorm, maar elke toernooi het sy eie borg en eie punte. Punte word nie saam gevoeg nie.
Bergland 1 het op die dag in die o/12-finaal met 19 punte teenoor Bergland 2 se 14 gewen. Die skool se A-span kon drie drieë teenoor die B-span se twee druk.
Lydenburg het vir die derde plek teen Laerskool Laeveld uitgespeel, en met sewe punte teenoor Laeveld se 0 gewen nadat hulle ‘n drie kon druk.
Onder die o/11-spanne het Laerskool Lydenburg met 14 punte teen Nelspruit 1 se 12 in die finaal gewen. Nelspruit 2 het derde geëindig met 31 punte teenoor Laerskool Bergland se nul.
Laerskool Lydenburg se Gerhard de Beer is as die o/12-speler van die toernooi aangewys, en Laerskool Nelspruit se Ryan Silver is as die o/11-speler.
Ander uitslae:
O/12
• Nelspruit 2 wen 19 – 7 St Peter’s School
• Bergland 1 wen 7 – 0 Lydenburg
• Bergland 2 wen 14 – 7 Laeveld
• Barberton wen 15 – 12 Nelspruit Primary
• Witrivier wen 21 – 12 Nelspruit 1
O/11
• St Peter’s wen 14 – 5 Witrivier
• Nelspruit 1 wen 19 – 14 Nelspruit 2
• Lydenburg wen 12 – 0 Bergland
• Laeveld 5 wen – 0 Witrivier 2
• Witrivier 19 wen – 0 Primary
- Sien nog foto’s van die toernooi hier.
