School sportSport

Laevelders maak hul beste skuiwe

Skaakspelers vanoor die Laeveld moes op 5 Maart hulle beste skuiwe uithaal tydens 'n toernooi by Komatipoort Akademie.

Die geleentheid is deur die Laeveld Skaakunie ondersteun en 138 spelers, van o/8 tot o/19 en ope-groepe, is genooi om deel te neem.

Die unie het vir die eerste keer dogter- en seunspanne laat speel om sodoende meer dogters te trek. SA Skaak verwag dat 25% van die spelers in ‘n span dogters moet wees.

Die dag was ‘n groot sukses en die algehele wenner was natuurlik skaak. Marie Thiele van Komatipoort Akademie het elke deelnemer, Skaak SA, sowel as kollegas wat tot die sukses van die dag bygedra het, bedank.

Die FIDE Wêreld-skaakfederasie se amptelike skaakreëls geld by elke toernooi.

Uitslae:
o/8:
Eerste: Zander Grobler
Tweede: Ian MacDonald
Derde: Lihle Shongwe
o/10:
Eerste: Arjun Sopanam Prabha
Tweede: Nico van der Merwe
Derde: Dian van Aarde
o/8- tot o/10-dogters
Eerste: Kayla Smith
Tweede: Misha Janson
Derde: Kaylee Douglass.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button