School sportSport

Toprugbyspan net-net te sterk vir Rhinos

Met die afskop van die St. John's College Paastoernooi, het dit gelyk of die Steval/KMIA Rhinos se kaartehuis in duie gaan stort, maar die Laevelders het hul beste vir laaste teen die Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai) gehou.

Boishaai het verlede jaar die seisoen in die eerste plek volgens School of Rugby afgesluit en is steeds met die aanvangs van die rugbyseisoen onoorwonne.

NHS het in sy eerste wedstryd teen die gasheerskool met 21-5 koning gekraai. Die Rhinos het daarna teen die Afrikaanse Hoër Seunskool te staan gekom en is met 38-0 verslaan.

Hulle het naelskraaps teen die land se top-rugbyskool die knie met 17-11 gebuig ten spyte van die feit dat hulle die vaste vasette en grondspel oorheers het.

WJ Halliday en Junior Schmidt het baie balbesit omgekeer en ook gesorg dat genoeg strafskoppe na die Rhinos se kant toe gekom het, maar die skoppers kon slegs daarin slaag om met net een skop deur die pale in die eerste helfte te slaag om die rustydtelling op 3-0 te laat.

Vroeg in die tweede helfte, het die Rhinos ‘n lynstaanbal oorgegooi en só het Paarl sewe punte aangeteken. Kort daarna het die Rhinos se verdediging hulle in die steek gelaat en het Boishaai weer oor die doellyn geduik.

In die 60ste minuut, het hulle ook met ‘n strafskop geslaag, wat die telling na 17-3 opgeskuif het.

Die Nelspruiters kon weereens met net een strafskop in die tweede 40 minute slaag. In die 69ste minuut het Jaco Joubert ‘n skitterdrie aangeteken.

NHS kom die naweek op hul tuisveld teen Hoërskool Pietersburg in die laaste groepwedstryde van die Tuksreeks te staan.

“Ons is geweldig trots op die manne. Nie baie skole kan sê dat hulle die beste rugbyskool in die land amper gewen het nie. Dit is beslis ‘n pluimpie vir ons, en dié wedstryd het as groot motivering gedien vir die komende naweek se wedstryd,” het die afrigters Chris Mans en Gerhard Holtzhausen gesê.

c1 (Large)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button