Komati-klub se swemmers presteer by Durban-gala
Komatipoort Swemklub het goed gevaar tydens die Suid-Afrikaanse Vlak 1 Streeksgala in Durban op 4 April, waar bykans 300 swemmers deelgeneem het.
Tydens die Suid-Afrikaanse Vlak 1 Streeksgala is uitdunne vir die eindronde gehou om die 10 vinnigste swemmers uit elke ouderdom vir mans en vroue te kies.
Al vier Komati se swemmers, Paulo Goncalves, Hanro van Heerden, Janke Wasserman en Milda van Dyk, het hul tye verbeter en vir die eindrondes gekwalifiseer.
Van Dyk het ‘n bronsmedalje gekry vir 50m kruipslag, meisies o/14. Wasserman het met ‘n splitsekonde na die derde deelnemer, die vierde plek behaal in meisies kruipslag o/12.
Stephan en Kate Kuhn, afrigters van die klub, vertel dat dit vir hulle baie stresvol was omdat hulle geweet hoe hard die kinders gewerk het om hulle tye te verbeter.
Die swemseisioen het met hierdie byeenkoms afgesluit en begin weer op 1 Mei. Afrigters en swemmers het saam besluit dat hul nou na vlak 2 (intermediër) en vlak 3 (gevorderd) werk. Swemmers gaan in November die Mpumalanga Kampioene- gala bywoon en werk daaraan om nog beter te presteer by die verskillende provinsiale galas.
“Die gala in Durban was vir drie van die swemmers ‘n eerste en mens kan sien dit het hulle net lus gemaak om harder te werk in die nuwe seisoen, sodat hulle beter tye kan swem en volgende jaar na ‘n beter vlak toe beweeg,” het Kuhn gesê.
