Vlammies laat besoekers hyg
Dit was 'n hewige stryd op die netbalbaan tussen die eerste spanne die afgelope naweek tussen hoërskole Bergvlam en Barberton. Die telling was 24 elk.

Vlammies se eerste rugby en hokkiespanne het met passie en vuur gespeel.
Die rugbymanne van die gasheerskool, Bergvlam het hulle wedstryd 46-7 gewen terwyl die eerste dogtershokkiespan, Barberton 3-0 die loef afgesteek het.
Die eerste seunshokkiespan het gedurig in die besoekers se gebied gekuier en was teen die einde met 5-0 baas. Die seuns is na 10 wedstryde nog onoorwonne.
“Bergvlam het vir die eerste 20 minute op Baberton se doellyn geboer, maar laasgenoemde se verdediging rotsvas. Daarna het Baberton die eerste punte aangeteken. Ons het vinnig teruggeslaan en ook punte aangeteken wat die telling gelykop gemaak het. Daarna het Bergvlam vinnig weer gaan druk en Baberton se damwal was finaal gebreek. Ons is baie beïndruk met die manne se vertoning en sien uit wat hulle die seisoen gaan bereik,” het die afrigters Gerhard van der Walt en Pieter Wolmerans gesê.
Uitslae
Rugby
• o/14 – Vlammies 54 Barberton 0
• o/15 – Vlammies 47 Barberton 12
• o/16 – Vlammies 5 Barberton 5
• Tweedes – Vlammies 7 Barberton 15
• Eerstes – Vlammies 46 Barberton 7
Netbal
• o/14A – Vlammies 17 Barberton 9
• o/14B – Vlammies 2 Barberton 14
• o/15A – Vlammies 17 Barberton 3
• o/15B – Vlammies 5 Barberton 7
• o/16A – Vlammies 14 Barberton 10
• o/16B – Vlammies 13 Barberton 2
• Tweedes – Vlammies 9 Barberton 18
• Eerstes – Vlammies 24 Barberton 24
Hokkie, dogters
• o/14 – Vlammies 2 Barberton 0
• o/15 – Vlammies 6 Barberton 0
• Eerstes – Vlammies 3 Barberton 0
Hokkie, seuns
• o/14 – Vlammies 1 Barberton 0
• Eerstes – Vlammies 5 Barberton 0.




































