School sportSport

Dogters op pad na Mpumalanga-finale

Die finale ronde van Ehlanzeni se netballigawedstryde is Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira gespeel.

Die finale ronde van Ehlanzeni se netballigawedstryde is Saterdag by Hoërskool Rob Ferreira gespeel.

Dit was ‘n lang warm dag, propvol hoër- en laerskolenetbal waartydens verskeie dogters met die bal uitgeblink het.

Die distrik se vier top-grootskoolspanne sal hierdie naweek aan die Mpumalanga-ligawedstryde deelneem. Die drie beste mediumskool- en beste kleinskoolspanne dring ook deur.

Onder die o/18-spanne kon Hoërskool Nelspruit (NHS) Lowveld High School met 27-20 klop in die grootskole-finaal.

Die ander spanne in dié ouderdomsgroepe wat deurgedring het, is Hoërskool Bergvlam, Guduza High School, Barberton High School, Penryn College, Hoërskool Rob Ferreira en Curro Nelspruit.

Onder die o/17-groep is NHS, Khutsalani, Guduza, Ngodini, Barberton, Metropolitan, Mambane en DD Mabuza deur.
NHS 1 se o/16-span kon NHS 2 in die finaal met 18-7 klop.

Bergvlam, Lowveld, Rob Ferreira, Barberton, Penryn en Curro Nelspruit se spanne is ook deur na die volgende ronde.

NHS, Bergvlam, Rob Ferreira, Penryn, Barberton en Curro se o/15- en o/14-spanne kon ook deurgaan. Verder sal Lowveld se o/15’s en Emthojeni sowel as Khutsulani se o/14’s die naweek weer in aksie wees.

Die laerskolekompetisie was ewe straf. Laerskole Nelspruit, Laeveld, Bergland en Witrivier se o/13-spanne sal môre op die veld wees.

In die halfeindrondes kon Laeveld vir Witrivier met 12-8 klop en Nelspruit vir Bergland met 11-5. In die finaal het Nellies Laeveld met 12-11 die loef afgesteek.

Malekutu, Kings, Mohakama en Malelane se o/13-spanne is ook deur.

Sien meer foto’s: Finale ronde in Ehlanzeni netballiga

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button