Bergvlam-skut skiet ‘n kolskoot
Hoërskool Bergvlam se Keke Makubelo het die beste van die prysskietspan na afloop van die vyfde ronde, gevaar.

Makubelo het in die o/21-pistole-afdeling geskiet en uit 22 skuts, het hy ‘n derde plek verower met 643 uit 800 punte.
Stephanie van der Merwe (vere, o/16), Martin Martin (pistole, o/14) en Darno le Roux (pistole, o/21) het net-net ‘n plek onder die top-drie gemis, en was vierde.
Hierdie week is die skuts by Curro Nelspruit in aksie.
Sporter o/21 (35 skuts) tel uit 1 600
1. Leonè Pretorius (11de) 1 355
2. Chanè Sewel (24ste) 1 248
3. Vihan le Roux (27ste) 1 221
Sporter o/16 (56 skuts) tel uit 1 600
1. Petri Visagie (sesde) 1 357
2. Jacques Louis Pretorius (22ste) 1 251
3. Stephan Roodt (27ste) 1 195
Sporter o/14 (41 skuts) tel uit 1 600
1. Johnny Moore (10ste) 11 90
Vere o/16 (8skuts) tel uit 1 600
1. Stephanie van der Merwe (vierde) 1 018
2. Holger Braun (sesde) 724
Pistole o/14 (7 skuts) tel uit 800
1. Martin Martin (vierde) 482
Pistole o/21 (22 skuts) tel uit 800
1. Keke Makubelo (derde) 643
2. Darno le Roux (vierde) 640
3. Jardon Labuschagne (11de) 566.
