Lanies blink by Witrivier-skaaktoernooi
Skaakspelers van Laerskool Malelane het Saterdag baie goed gevaar by 'n skaaktoernooi in Witrivier.
Lara Boshoff het ‘n derde plek in die afdeling vir dogters o/8 behaal, Kayla Smith was eerste onder die o/10’s en Misha Janson tweede in dieselfde afdeling. Henning Radley het ‘n derde plek in die seuns o/10 verwerf en Rossouw Jansen was derde in die afdeling vir o/12’s.
Gert Delport het teen moeilike kompetisie te staan gekom in die afdeling vir seuns o/12. Hy was die vyfde plek ten spyte van die feit dat hy vier van sy vyf wedstryde gewen het.
Die Lanies het ‘n lewendige skaakklub en sy lede oefen gereeld onder die bekwame hande van afrigter Pieter Janson.
Die klublede neem gereeld deel aan plaaslike en nasionale toernooie het verskeie uitblinkers soos Kayla Smith, wat in Augustus aan die African Youth Chess Championships gaan deelneem.
Lees meer oor Kyla se prestasies hier en ‘n Laeveld-skaaktoernooi by Komatipoort Akademie hier.
