School sportSport

Nelspruit tops by interskole-gholfkompetisie

Curro Nelspruit het op 27 Mey ‘n interskole-gholfkompetisie by Nelspruit Gholfklub aangebied.

Curro Nelspruit se onlangse ‘n interskole-gholfkompetisie by Nelspruit Gholfklub was die eerste keer dat die gashere ‘n skolekompetisie met hulle jaarlikse gholfdag gekombineer het.

Vier spelers van elke deelnemende skool het teen mekaar meegeding, terwyl die afrigters saam met mekaar kon speel. Die skool se borge het ook ‘n sosiale ronde gespeel.

curro golf (7)

In die skolekompetisie het hoërskole Nelspruit (NHS), Bergvlam, Curro Nelspruit en Curro Serengeti (wat elk ‘n hoër- en laerskoolspan ingeskryf het) deelgeneem.

Die gholfspelers het vroegoggend aangemeld om hulle vernuf te toets. Die wenners van die dag was NHS met Curro Nelspruit wat die tweede plek beklee het.

Jonél Hartman van Curro Nelspruit sê die dag was ‘n groot sukses. “Al die skole het versoek dat hulle volgende jaar weer uitgenooi word.”

Sy het Jaco van den Berg, die voorsitter van Curro Nelspruit se ouerkomitee en die organiseerder Alicia Willcox uitgesonder vir hulle bydraes tot die dag se sukses. “Die tyd en moeite wat hulle bestee het, het ‘n groot verskil gemaak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button