School sportSport

Tennisspanne behaal gemengde welslae in Laeveld-liga

Onderskeie spanne van die Laeveld se hoërskole het mekaar op Vrydag 27 Mei die stryd aangesê.

Die swaai van rakette en bons van balle op hardebane is hierdie tyd van die jaar ‘n algemene gesig op skoolgronde.

Die skoletennisliga is goed op dreef en onderskeie spanne van die Laeveld se hoërskole het mekaar op Vrydag 27 Mei die stryd aangesê.

Op die dag het Hoërskool Bergvlam se eersteseunspan daarin geslaag om Curro Nelspruit se eerstes met 41-14 gewen.

Hoërskool Nelspruit (NHS) se eerste dogterspan kon Lowveld High School ook met 41-14 wen.

Komatipoort Akademie se eerste dogterspan het met 31-24 met Bergvlam se tweedes afgereken.

Komatipoort se tweede seunspan kon Bergvlam se derdes met 42-13 verslaan.

NHS se derde seunspan het weer met 44-11 teen Bergvlam se tweede span gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button