School sportSport

Lanie-spelers sluit seisoen op ‘n hoë noot af

Die netbalspanne van Laerskool Malelane het die seisoen in die toptwee-posisies van die kleinskoleliga afgesluit.

Laerskool Malelane se netbalspelers het ‘n die afgelope seisoen op ‘n hoogtepunt afgesluit. Die o/11A-span is verlede naweek na die Mpumalanga-kampioenskappe as naaswenners en die o/12’s en o/13’s as die wenners aangewys in eMahlahleni. Hulle het teen Cambridge, Secunda, Standerton en Balmoral meegeding.

Hierdie suksesvolle seisoen het op ‘n hoë noot afgeskop toe die o/11-, o/12- en o/13A-spanne ‘n netbalkliniek by Camp Discovery in Brits bygewoon het. Hier het die dogters onder leiding van Jenny van Dyk en studente van Tukkies baie nuwe vaardighede aangeleer.

Tydens die tweede kwartaal het almal vanaf o/7 tot o/13 by die skool geoefen en wedstryde gespeel. Die o/7’s tot o/10A’s en B’s asook die o/11- tot o/13B-spanne het aan ‘n vriendskaplike liga deelgeneem. Hier het hulle baie goed gevaar en meeste van die wedstryde gewen.

Die o/11’s, o/12’s en o/13A’s het tydens die Ehlanzeni-kampioenskappe goed gevaar en al drie spanne is as wenners aangewys, waarna hulle aan die Mpumalanga-kampioenskappe deelgeneem het.

Die skool wens elke speler en afrigter met hulle puik prestasies geluk.

Om die Lanies se goeie gees en sportsmanskap te vier, is die netbalseisoen amptelik met ‘n wedstryd tussen die afrigters en die o/12- en o/13 A-spanne afgesluit.

Hier het die afrigters gewys dat hulle nog steeds uitstekend kan speel, al is hulle nie so fiks en vinnig soos die dogters nie. Almal het dit baie geniet.

Graag bedank die skool al die afrigters vir ‘n puik seisoen. “Dankie vir al julle harde werk en toewyding met betrekking tot die afrigting van ons dogters. Baie dankie aan die dogters vir julle ywer en entoesiasme. Julle is ware Lanie-arende wat hoog vlieg!”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button