School sportSport

Bergies se Nel is Pumas se o/13-kaptein

Danie Hattingh en Tobie Pretorius is as die afrigters vir die o/13 Coca-Cola Cravenweek wat die vakansie by Paarl Gimnasium plaasvind, aangewys.

Laerskool Bergland se Christo Nel is ook as die kaptein van die span gekies.

Bergies het ‘n verdere drie verteenwoordigers, Keenan Visser, Damian Lombard en Vincent Correa in die span wat op 4 Julie hulle eerste wedstryd teen die Westelike Provinsie speel.

Cail Ackermann van Laerskool Nelspruit is ook vir die span gekies. Witrivier se Thabiso Matheba is sy skool se enigste speler wat saam na die Wes-Kaap toer. Laerskool Laeveld het twee spelers, PJ Coetzee en Tijhan van der Walt.

Nellies se Quinn van Zyl, en Bergland se Athur Mcgee, Shaun Brown en Hanjo Seevenster is in die Pumas-o/13 Mpumalanga XV ingesluit.

Lees ook: Laerskool Nelspruit maak skoonskip met Nelspruit Primary

Curro Nelspruit se Ulrich Cilliers is sy skool se eerste provinsiale rugbyspeler. Hy is in die o/12-span ingesluit. Nellies se Drikus Greeff en Duard Deichmann is óók deel van die groep wat die vakansie in Vryheid gaan deelneem. Joshua Divine, en Marius Coetzee, ook van Bergland is in die span opgeneem. Whities het met agt spelers die meeste verteenwoordigers.

Brent de Villiers van Laerskool Witrivier is as die kaptein van die span aangewys.

Hy speel reeds van gr. 1 af rugby, waar hy op die plaasvervangersbank vir die Bulletjierugby se A-span was. ‘n Jaar later het hy vir die span begin.

Sien ook: Laerskool Witrivier Rugbyweek 2016 – in foto’s

Brent speel tans vir sy skool se eerste rugbyspan. Hulle laaste opwarmingswedstryd teen die Leeus vind op 11 Junie in Krugersdorp plaas.

20160525_085948 (Medium)
Ulrich Cilliers.
DSC_0065 (Medium)
PJ Coetzee en Tijhan van der Walt.
IMG_0087 (Medium)
Whites voor: Brend de Villiers (o/12-kaptein), Daniel van Staden (o/12), Marloux Breytenbach (o/12) (middel), Scott Kirk (o/12), Thabo Mashego (o/12), Rhulani Mathebula (o/12) (agter), Thabiso Matheba (o/13), Pieter Burger (o/12) en Reynders de Bruyn (o/12).
Wiehan Henning, Drikus Greeff, Peter Abrahams, Duard Deichmann (agter), Cail Ackermann, en Quinn van Zyl.
Wiehan Henning, Drikus Greeff, Peter Abrahams, Duard Deichmann (agter), Cail Ackermann, en Quinn van Zyl.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button