School sportSport

Whities steeds trots ten spyte van verloor teen Middelburg

"Ai! Ons het verloor. Ons het nie ons kanse gebruik nie. Middelburg se verdediging was baie goed. Ek bly trots op my span. Ons het nie verlede jaar in die eindstryd gespeel nie, so ons het verbeter."

So het die rugby-afrigter van Laerskool Witrivier, Danie Willemse gesê nadat sy o/10’s Dinsdag die knie teen Laerskool Middelburg 15-5 moes buig. Laerskool Goedehoop was verlede jaar die alghele wenners.

Lees ook: Whities staan vas in tweede ronde

Na ‘n dryfmaalbeweging van Middelburg se voorspelers, het die haker, Xander Brink die telbord met ‘n drie geopen. Die losskakel, Crawford Joubert, kon nie die verdere twee punte byvoeg nie.

In die 13de minuut het Whities se Callum van Staden vanuit ‘n skrum die bal na die agtsteman Ryan Cogill aangegee om die telling teen rustyd vyf elk te maak.

Witrivier het gesukkel om voor die doellyn af te rond en het veral met balhantering gesukkel. Twee drieë deur Middelburg se Toy Engelbrecht en die laaste een deur die vleuel, Le Roux French het aan hulle die wen besorg.

“Baie dankie aan Laerskool Witrivier vir ‘n aanskoulike wedstryd. Ons sien uit om julle weer in die toekoms raak te loop,” het die afrigter van Middelburg, Darius Botha gesê.

Witrivier se o/10’s het tot die opbou na die eindstryd, teen onderskeidelik Nelspruit Primary, Bergland, Laeveld en Lydenburg afgereken en net die vyfde wedstryd teen Laerskool Nelspruit verloor. 

Lees ook: Bergies wil hul titel verdedig

Whities het in die halfeindstryd met die 2015-wenners, Goedehoop 12-8 afgereken.

Foto’s: Whities vs. Middelburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button