School sportSport

Curro Nelspruit se eerste is kampioene!

Curro Nelspruit se eerste rugbyspan is as Mpumalanga se mediumskool-kampioene aangewys nadat hulle in die eindstryd met Laerskool HM Swart 15-5 afgereken het.

Dit was ‘n klipharde wedstryd gewees waar die Curro-manne geen genade getoon het nie. HM Swart was gedurig op die aanval, maar die rotsvaste verdediging en puik dissipline van Curro het hulle afgeweer.

Die rustydtelling was 5-5 elk. Curro se agtsteman, Janes Swanepoel het ‘n tweekuns behaal deur kort na rustyd weer oor die doellyn te duik. Die losskakel, Francois van der Merwe het ook later onder die pale gaan kuier en hulle teëstanders se kaarthuis finaal laat tuimel. HM Swart was weereens op die voorvoet met hulle voorspelers, maar Curro se verdediging het gehou.

“Baie geluk aan die seuns. Curro is baie trots op julle. Baie dankie ook aan die ouers wat deurgaans die jaar agter die manne gestaan het,” het afrigter Fanna Janse van Rensburg gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button