School sportSport

Pumas se jeugspanne maak hul stem dink

Die Pumas het vanjaar se o/18 Coca-Cola Cravenweek by Kearsney College in Durban onoorwonne afgesluit. Hulle het laas toe die toernooi in Polokwane in 2013 aangebied was, 'n sege behaal.

Hoërskool Nelspruit (NHS) se SA-skole-speler, Dewald Maritz het met die Pumas se tweede wedstryd deur die verdediging van Namibië gebreek om met ‘n drie van oor die 65 meter te spog wat ongewoon vir ‘n stut is. Nóg ‘n speler wat ook deel van die Steval/KMIA Rhinos is, Jaco Joubert, het ‘n driekuns in die toernooi behaal.

Op die eerste dag het die Pumas net-net ‘n sege oor die Griffons met 31-29 behaal. Stephan van der Bank, ook van NHS, was een van die top-puntemakers in vanjaar se toernooi met 16 punte. Hy was met twee doelskoppe en vier strafskoppe deur die pale suksesvol.

Die Pumas het ons buurland, Namibië met 51-15 afgeransel. Joubert, skrumskakel van NHS, het oók in die kragmeting twee keer onder die pale gaan kuier – in die 17de en 22ste minuut. Maritz het sy eerste vyfpunter in die 60ste minuut aangeteken en twee minute later met sy tweede gespog.

Joubert het een van die Pumas se twee drieë teen die gasheer provinsie, KwaZulu-Natal gedruk. ‘n Strafskop in die doodsnikke van die wedstryd, het die Pumas ‘n wen van 26-23 besorg.

Die o/18 Coca-Cola Akademieweek is ook op Kearnsey se velde beslis. ‘n Totaal van 268 drieë is gedruk en altesaam 1 902 punte is aangeteken.

NHS het ses verteenwoordigers naamlik, Francois Esselen, Janco Steenkamp, Renier Troskie, Harry Hearn, Wiam Barnard, Craig Bouwer en Joao Cristovam wat deel van die span uitgemaak het en Hoërskool Bergvlam se Tristan Louw, wat twee jaar terug ook deel van die o/16 Pumas was, was ook in Durban in aksie.

Esselen was op die eerste dag met ‘n strafskop suksesvol, maar die Pumas moes die knie met 3-39 teen die Leeus buig.

Op die tweede dag het die Pumas 36-17 met die Thepa Trading Griffons afgereken. Louw het twee keer in die kragmeting agter die doellyn gaan kuier. Esselen het vier doelskoppe en een strafskop deur die pale geklits.

Die span het op die laaste dag teen die Boland met 11-20 vasgeval. Esselen was met twee strafskoppe suksesvol.

Die SA-Skole span word Donderdag aangekondig. Maritz, wat ook verlede jaar tot die span verkies was, is wéér een van die spelers wat dalk in die span opgeneem kan word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button