School sportSport

Rhinos en Monnas spook wéér sake in kwarteind uit

HTS Middelburg het hulle titel as Mpumalanga Markoskole-kampioene verdedig toe hulle die gunstelinge, die Steval/KMIA Rhinos Saterdag 26-20 geklop het.

Middelburg, wat ook die trofee in 2002, 2008 en 2011 omhoog gehou het, het die eerste 48 minute die stryd oorheers.

NHS het gesukkel om oor die 22-meter-lyn te vorder, maar het in die laaste 20 minute gelyk soos ‘n span waarmee daar gereken kan word, maar dit was heelaas te laat.

Dewald Maritz, wat ook vir die Pumas se o/18 Coca-Cola Cravenweek uitgedraf het, het ‘n paar goue oomblikke beleef en daar word kopgekrap dat hy nie vir die tweede agtereenvolgende jaar vir die SA-Skolespan gekies is nie. Net JC Pretorius (HTSM) van die Pumas het die finale span wat Donderdag aangekondig is, gehaal.

Lees ook: Pumas se jeugspanne maak hul stem dink

Middelburg se haker, Ruben Cross het vroeg in die kragmeting vir sy span se eerste drie oor die doellyn geduik. Die losskakel, Riekert Barnard het 16 van die 26 punte met sy skopskoen deur die pale geklits.

Rhinos se Stephan van der Bank, wie ook een van die top-puntemakers by die Cravenweek was, het met sy span se eerste drie in die 57ste minuut gespog en later het Maritz ook vir ‘n vyfpunter gesorg.

Lees ook: Rhinos dring deur tot halfeind

NHS kom nou oor drie naweke teen Hoërskool Moument in die kwarteindstryd van die Virseker Beeld-trofee te staan. Nelspruit het in die Tuksreeks-eindstryd teen die einste Wit Bulle verloor.

“Ons sukkel met ‘n hele paar beserings, maar hopelik sal die manne met die drie week breek slaggereed wees. Ons het nie vir die wedstryd opgedaag nie, maar ons sal reg wees vir Monnas,” het die breiers, Gerhard Holtzhausen en Chris Mans gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button