School sportSport

Trofee weer tuis by Rob na tien jaar

Hoërskool Rob Ferreira se o/14-rugbyspan kon nie vir 'n beter slothoofstuk van hul sprokiesverhaal gevra het nie.

Hulle het Saterdag in die Mpumalanga-eindstryd vir grootskole Hoërskool Piet Retief met 29-21 afgeransel. Die trofee het laas in 2006 in Robbies se spogkas gestaan.

Die span speel Saterdag 13 Augustus in die kwarteindstryd van die Beeld-trofee. Pietersburg en Volkskool Heidelberg spook die naweek sake op die rugbyveld uit wat sal bepaal teen wie Rob te staan kom.

Bobby Madonsela was vanjaar sy span se uitblinker met 29 drieë en 56 doelskoppe deur die pale. Vusi Ndlovu het self nie sleg gevaar nie nadat hy 24 keer agter die pale gaan kuier het. ‘n Speler wat ook oor die 10 drieë gedruk het, is Norman Simpson met 17.

“Die eindstrydtelling weerspieël nie hoe goed ons deur die seisoen gevaar het nie, maar dit was ‘n lang breek tussen die halfeindstryd en die eindstryd. Ons hoop ook om die Beeld-trofee terug te bring Laeveld toe,” het die afrigter Albert Booyens gesê.

Puntemakers
• Norman Simpson – 85 (17 drieë)
• Blessing Mabunda – 40 (8)
• Pumba Ndlela – 25 (5)
• André Nitche – 45 (9)
• Vusi Ndlovu – 120 (24)
• Marco Antunes – 5 (1)
• Sakhile Ndluli – 94 (11)
• Bobby Madonsela – 258 (29)
• Hopewell Mabuya – 5 (1)
• Duncan Viviers – 10 (2)
• Markus Klopper – 5 (1)
• Ruben Botha – 36 (2)
• Gift Dankie – 20 (4)
• Surprise Nkosi – 5 (1)
• Henning Steenberg – 5 (1).

Doelskoppe
• Madonsela – 56 (een strafskop)

• Botha – 14

• Ndluli – 19 (een strafskop).

Uitslae
Só het hulle die seisoen gespeel
• Rob 65 vs. Barberton 0 (die wedstryd is na 35 minute gestaak)
• Rob 55 vs. Curro 0 (wedstryd na 25 minute gestop)
• Rob 60 vs. Uplands 0 (wedstryd na 17 minute gestaak)
• Rob 61 vs. Merensky 0
• Rob 83 vs. Frans du Toit 0 (wedstryd net 40 minute geduur)
• Rob 14 vs. Secunda 7
• Rob 52 vs. Lydenburg 3
• Rob 100 vs. Bergvlam 0
• Rob 80 vs. Generaal Hertzog 0
• Rob 41 vs. HTS Witbank 15
• Rob 57 vs. Volksrust 0
• Rob 66 vs. Ermelo 0
• Rob 29 vs. Piet Retief 21.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button