School sportSport

Nellies se sportspanne maak hul merk in liga

Hoërskool Nelspruit se rugby- en dogtershokkiespanne het die afgelope naweek puik in die eindstryd van die Mpumalanga-liga vir makroskole presteer.

Al vier die A-rugbyspanne het na die kwarteindstryd van die Beeld-trofee wat op 13 Augustus sal plaasvind, deurgedring. Die o/16’s het HTS Middelburg met 62-0 verslaan. Die o/14- en o/15’s is ook as wenners gekroon nadat hulle onderskeidelik met Hoërskool Middelburg en HTSM afgereken het. Die Steval/KMIA Rhinos moes ongelukkig die knie teen HTSM met 20-26 buig.

IMG_1277 (Medium)

Die o/16-dogtershokkiespan is óók as die provinsie se kampioene gekroon nadat hulle 4-3 met Ligbron Akademie in die eindstryd afgereken het. Die o/14- en o/15A-spanne het onderskeidelik tweede en derde geeïndig.

Die skool se netbalspanne het die afgelope naweek na Noordwes getoer waar hulle aan die Coke-toernooi in Potchefstroom deelgeneem het ter voorbereiding vir die Suid-Afrika Netbal-uitdagingstoernooi wat op 6 Augustus plaasvind.

hokkie 16 A mpu wenners (Medium)

Uitslae
Hokkie (eindstryd)
• O/14A – NHS 1 vs. Hoërskool Middelburg 2
• O/16A – NHS 4 vs. Ligbron 1

Rugby (makro-eindstryd)
• O/14A – NHS 27 vs. Middelburg 10
• O/15A – NHS 27 vs. HTSM 24
• O/16A – NHS 62 vs. HTSM 0
• Eerstes – NHS 20 vs. HTSM 26

Netbal (Coke-toernooi) O/14A
• NHS 4 vs. Klerksdorp 15
• NHS 9 vs. Potch Gimmies 15
• NHS 2 vs. Noordheuwel 12
• NHS 15 vs. Menlopark 20
O/15A 1
• NHS 11 vs. Menlo 9
• NHS 12 vs. Noordheuwel 13
• NHS 10 vs. Potch Gimmies 11
• NHS 8 vs. Afrikaans Hoër Meisies 13
O/16A
• NHS 6 vs. Menlo 23
• NHS 4 vs. Noordheuwel 18
• NHS 6 vs. Potch Gimmies 17
• NHS 10 vs. Noord Kaap 8
O/17A
• NHS 11 vs. Affies 15
• NHS 12 vs. Rustenburg 10
• NHS 15 vs. Vereeniging Gimnasium 12
• NHS 16 vs. Ben Vorster 9
Eerstes
• NHS 20 vs. Menlo 28
• NHS 18 vs. Noordheuwel 39
• NHS 21 vs. Potch Gimmies 18.

IMG_8280 (Medium)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button