School sportSport

Nellie-atleet gaan van glorie tot glorie

Skyfwerpatleet van Hoërskool Nelspruit, Naas Marais is na afloop van sy atletiekprestasies vir die AUSC streek-vyf se Jeugspele wat Desember in Luanda, Angola plaasvind, gekies.

Sy insluiting in die span is op grond van sy prestasie by die Junior- en Jeugspan-kampioenskappe wat vroeër vanjaar in Germiston plaasgevind het. Hier is hy as Suid-Afrika se beste gekroon nadat hy ‘n afstand van 56,59m gegooi het.

Marais was ook vir die finale jeugspan wat aan die Afrika Suidelike-streekskampioenkape (o/18) sou deelneem, gekies, maar die kampioenskappe is as gevolg van verskeie redes op die laaste nippertjie gekanselleer.

Lees ook: Marais haal finale span, toer afgestel

Die 17-jarige is een van net vier atlete van die provinsie wat uitgenooi is om van 9 tot 19 Desember na die buurstaat te toer en hy is die enigste een van die Laeveld.

“Naas is reeds aan die gang met rehabilitasie en kondisionering. Hy verwag om teen die einde van die jaar die maatband op 60m te laat lees. Daar is tot en met die tyd dat hy moet vetrek, ses byeenkomste om voor te oefen,” het die atletiekspesialis van NHS en Marais se afrigter, DP Badenhorst gesê.

Tydens die Suid-Afrikaanse Skole-kampioenskappe in Bloemfontein het Marais silwer in skyfwerp gekry met 53,93m, maar by die ASA-kampioenskappe het hy met ‘n afstand van 56,59m gespog, en daarvoor gesorg dat Nellies met sy tweede SA atletiekkampioen vir 2016 kan spog (Werner Bouwer het in Bloem goud in die spiesgooi verower).

Lees ook: Twee plaaslike atlete beste in die land

Marais het met sy vorige beste afstand, 55,75m, op Barberton sy kleim as Ehlanzeni se nommer een afgesteek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button