Lanies-fietsryspan vierde in Spur-reeks
'n Groep fietsryers van Laerskool Malelane het verlede naweek tydens die Spur Skole Bergfietsreeks 'n vierde plek vir die skool losgetrap.
Laerskool Malelane spog vanjaar met 20 fietsryers wat aan die Spur Mpumalanga Skole Bergfietsreeks deelneem en is tans in vierde plek op die punteleer.
SA Bergfiets Kampioen, Jooste Coetzee, tel onder die jong sportlui wat die skool puik verteenwoordig in die jaarlikse fietstoernooi vir Laeveldse skole.
Dié jaar het Pronto Computer Solutions as trotse borg opgetree en splinternuwe fietsryhemde aan die Lanie-span voorsien.
Die Lanies het op 23 Julie by Uplands College in Witrivier aan die eerste been van die toernooi deelgeneem en uitsonderlik presteer. Daar was ongeveer 330 inskrywings van regoor die provinsie, met fietsryers van 24 laerskole en 16 hoërskole wat deelneem.
Laerskool Malelane is in die vierde plek in die laerskoolafdeling met 61 punte. Curro Nelspruit beklee die eerste plek met 108 punte, Uplands Prep is tweede met 98 en Penryn Prep derde met 82.
Twee Lanies het op die podium gepronk: Jooste Coetzee was eerste in die Sprog-afdeling vir seuns en Zimri Leuvennink was derde in die Sprog-afdeling vir dogters.
Die tweede been van die reeks is hierdie naweek by Curro Nelspruit. Die baan is bekend vir opdraandes en die Lanies sien uit daarna om nog punte vir die skool te verower.
Lees meer oor die Lanies se fietsryers:
- Young cyclist wins his second championship title
- Local mountain biker is SA champ
- Lanies tel onder provinsie se top-fietsryers
