School sportSport
Nellies blink uit in Noordvaal-kompetisie
Die o/16A-seunshokkiespan het die afgelope naweek by die Noordvaal-kompetisie teen Hoërskool Menlopark in die eindstryd te staan gekom.

Menlo, wat as een van Pretoria se top-hokkieskole gesien word, het die wedstryd 5-1 gewen. NHS het in die eerste ronde met Noordheuwel 3-1 afgereken en het ook oorwinnings teen Potch Gimnasium, Transvalia en Pietersburg behaal.
Die eerste seunshokkiespan het algeheel negende in die Noordvaal geëindig.
Die o/16’s is (voor) Jaco Smith (afrigter), Victor Aitchison, Ruan Labuschagne, Heini Pieters, Jean-Louis Dentan, Dieter Süllwald, Shane Lourens, Laurie Aitchison, (agter) Rickhard Wessels, Allan Burnett, Pieter Goosen, Gustav Smook, Rudolf Henning, Jivan Botha, Japie Lubbe, Jurgens van Reenen en Jaco Geldenhuys.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
