School sportSport

Frankryk wink vir Rob-skut

Daar is 'n groot moontlikheid dat Hoërskool Rob Ferreira se Carmen Sales later vanjaar in Frankryk aan die Wêreldskiet-kampioenskappe gaan deelneem.

Die 17-jarige het tydens die eerste ronde van die Suid-Afrikaanse kampioenskap in Gauteng ‘n eerste plek behaal waarvan sy die enigste skut onder die ouderdom van 20 was. Sy het ook die tweede ronde gewen en die derde sal bepaal wie Frankryk toe gaan.

Sales is verlede jaar November as die Suid-Afrikaanse kampioen gekroon en in die Kaap is sy as die Afrika-kampioen aangewys.

“Ek lê tans eerste op die punteleer. Dit sal ‘n wonderlike geleentheid wees as ek my land kan verteenwoordig en ek hoop om hierdie jaar my Protea-kleure in die sport te verwerf.”

Sy het in Swaziland naby ‘n skietbaan grootgeword waar sy graag saam met haar pa na die baan toe gegaan het. Sales het eers met “pin shooting” as jong skut begin. “Ek was nog altyd ‘n ‘tomboy’ en ek hou daarvan om goed saam met my pa te doen. Ons gaan jag graag in die vakansie.” Sy het haar eerste bok, ‘n Nyala verlede jaar geskiet.

Lees ook: Local athletes hunt down the medals

Sales vertel verder dat hierdie nie ‘n gewilde sport onder jongmense is nie.

“Die sport is nie gewild in Suid-Afrika nie en jong mense ken nie die sport nie.

“Ek het op ‘n stadium prysskiet gedoen, maar om met ‘n handgeweer te skiet is baie meer opwindend.” Sy skiet tans met ‘n CZ-75-negemillimeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button