School sportSport
Bergvlam se skuts het hul oë sekuur op die teiken
Hoërskool Bergvlam spog vanjaar met sewe skuts wat die provinsie by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe gaan verteenwoordig.

Die gesoute afrigter, Hennie Golding het in die 1980’s by Bergvlam as prysskietafrigter begin en het sedertien al ‘n hele paar Suid-Afrikaanse skuts opgelewer.
Vlammies het eers in die pawiljoen se glaskas begin en later na die skool se ou gimnasium, nou as die G-klasse bekend, geskuif.
Vandag het Vlammies hulle eie skietsaal en spog met een van die beste fasiliteite in die provinsie.
Jaarliks blink Bergvlam se skuts by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe uit. Bergvlam het ook al baie skuts gehad wat hul SA-kleure verwerf het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!


