Vlammies blink uit met die kolf
Hoërskool Bergvlam se eerste krieketspan het Penryn College én Curro Nelspruit op die veld ore aangesit.

In Vlammies se tuiswedstryd teen Penryn, het hulle 313 lopies in 50 beurte aangeteken en Penryn kon daarin slaag om 64 na net 20 beurte aan te teken.
Lees ook: Bergies se eerstes maak geskiedenis met die kolf
Aiden Soine het net-net op sy honderttal uitgemis, nadat hy 99 lopies aangeteken het. Hy het ook in die wedstryd vyf paaltjies platgetrek.
Junior Kotze het 77 lopies van 44 balle aangeteken.
Tydens die wedstryd tussen Bergvlam en Curro verlede week het Soine ses paaltjies in 7,5 beurte gevat. Curro het 79 na 10 beurte behaal en Bergvlam steek die totaal met twee paaltjies verby en wen uiteindelik met agt paaltjies.
Jayden Louw het 33 lopies nie-uit-nie gemoker.


