School sportSport

Robbies se rugbytrots mik om die beker terug te bring

Hoërskool Rob Ferreira se o/14-rugbyspan het die afgelope naweek geskiedenis gemaak toe hulle na die eindstryd van die Virseker Beeld-trofee vir grootskole deurgedring het.

Dit is die enigste span in Mpumalanga wat só ver in een van die mees gesogste skolereekse gevorder het.

Die seuns het Saterdag op hulle tuisgrond teen Helpmekaar met 12-11geseëvier en meet Saterdag in die eindstryd teen Transvalia in Lichtenburg kragte.

Lees ook: Robbies-rugbyweek bars uit sy nate

Robbies het dié seisoen nog nie een wedstryd verloor nie en spog met 15 agtereenvolgende oorwinnings.

‘n Groot pluimpie vir Rob is dat die skool net 380 seuns het.

“Dit was vir ons ‘n Dawid teen Goliat-stryd. Ons as span gee met elke wedstryd ons alles. Deur God se krag het die talentvolle seuns en harde oefening dit deurgetrek,” het die afrigter van Rob, Albert Booyens gesê.

Die fluitjie wat die einde van die kragmeting aangedui het, het reeds geblaas toe Surpise Nkosi vir die wendrie oorgeduik het. Die rustydtelling was 0-elk en Rob moes met ‘n agterstand van 11-0 in die tweede helfte terugveg. Die span van Witrivier het in die lynstane gesukkel, maar Booyens sê dat hulle dié week daaraan gaan werk en ‘n paar verrassings in hulle spel gaan inbring.

Bobby Madonsela, Robbies se voorste driedrukker, is net ses punte weg om 280 punte na afloop van die seisoen te behaal.

Lees ook: Rob-skuts op pad na SA’s

“Die seuns is meer as net ‘n span. Hulle is broers wat God se naam, deur hoe hulle op die veld optree, eer,” sê Booyens.

Dit is die eerste keer in 10 jaar dat ‘n span van Rob tot die eindstryd deurdring. “Ons is trots daarop om Robbies te wees! Ons bloed is oranje,” vertel dié trotse afrigter.

Die span van Vanderbijlpark het in die halfeindstryd Potchefstroom Gimnasium met 36-10 afgeransel.

“Dit is vir ons skool ‘n geskiedkundige gebeurtenis met die dat ons drie spanne het wat Saterdag speel. Ons weet dit gaan ‘n harde stryd wees en enige iets kan die dag op die veld gebeur,” het Transvalia se breier, Tiaan Valentine gesê.

Puntemakers
• Norman Simpson – 100
• Blessing Mabunda – 40
• Pumba Ndlela – 25
• André Nitche – 45
• Vusi Ndlovu – 120
• Marco Antunes – 5
• Sakhile Ndluli – 94
• Bobby Madonsela – 274
• Hopewell Mabuya – 5
• Duncan Viviers – 10
• Markus Klopper – 5
• Ruben Botha – 36
• Gift Dankie – 20
• Surprise Nkosi – 10
• Henning Steenberg – 5.

Doelskoppe
• Madonsela – 58 (een strafskop)
• Botha – 14
• Ndluli – 19 (een strafskop).

Uitslae
Só het hulle die seisoen gespeel
• Rob 65 vs. Barberton 0 (die wedstryd is na35 minute gestaak)
• Rob 55 vs. Curro 0 (wedstryd na 25 minute gestop)
• Rob 60 vs. Uplands 0 (wedstryd na 17 minute gestaak)
• Rob 61 vs. Merensky 0
• Rob 83 vs. Frans du Toit 0 (wedstryd net 40 minute geduur)
• Rob 14 vs. Secunda 7
• Rob 52 vs. Lydenburg 3
• Rob 100 vs. Bergvlam 0
• Rob 80 vs. Generaal Hertzog 0
• Rob 41 vs. HTS Witbank 15
• Rob 57 vs. Volksrust 0
• Rob 66 vs. Ermelo 0
• Rob 29 vs. Piet Retief 21
• Rob 42 vs. Heidelberg Volkskool 7
• Rob 12 vs. Helpmekaar 11.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button