Robbies mik vir die grote
Hoërskool Rob Ferreira se o/14-rugbyspan draf môre teen Transvalia in die eindstryd van die Virseker Beeld-trofee vir grootskole in Lichtenburg uit.

Transvalia is die verdedigende kampioene van die reeks toe hulle verlede jaar Helpmekaar 29-23 afgeransel het. Robbies het Saterdag op hulle tuisgronde net-net teen die Johannesburgers met
12-11 afgereken.
“Ek wens die span, die afrigters en die ouers sterkte toe vir môre se wedstryd,” het die hoof van Rob, Dawie Oberholzer gesê.
Rob se voorste driedrukker van die seisoen, Bobby Mandonsela saam met die agterlyn sal ‘n beslissende faktor vir hulle span wees.
Lees ook: Robbies se rugbytrots mik om die beker terug te bring
Dit is die eerste keer in 10 jaar dat ‘n span van Rob tot die eindstryd na een van die room van hoërskolerugby deurgedring het.
Hulle grootste oorwinning vanjaar was teen Hoërskool Bergvlam toe hulle ‘n wegholsege van 100-0 behaal het. Vier wedstryde is vroeër gestaak omdat die tellings te groot in Rob se guns was.
