School sportSport

Bergvlam se sewes maak hulle stemme dik

Hoërskool Bergvlam se sewesrugbyspan het die naweek aan 'n toernooi in Bloemfontein deelgeneem. Die seuns het vyf van hulle ses wedstryde gewen.

Op die eerste dag het Vlammies teen Hoërskool Kempton Park te staan gekom en 22-7 gewen. Igne Ferreira is as die speler van die wedstryd aangewys nadat hy twee drieë gedruk het.

In die tweede kragmeting teen Benoni High, het Bergvlam ‘n wegholoorwinning van 22-0 behaal en hier is Ferreira ook vir goeie spel beloon.

Lees ook: Bergvlam-skut skiet ‘n kolskoot

Hoërskool Pionier het Bergvlam egter in die derde wedstryd met 17-0 uitgestof.

Bergvlam het na die kwarteindstryd deurgedring waar hulle teen Vryheid Landbou te staan gekom het. Nkosana Makhubedu het in hierdie wedstryd ‘n driekuns behaal en Vlammies het met
26-19 as die wenners van die veld afgestap.

Kearsney College was volgende in die halfeindstryd op Bergvlam se spyskaart. Triston Louw, wat ook op die krieketveld uitblink, is as die speler van die wedstryd aangewys.

Lees ook: Bergvlam kry tweetalige skoollied

Bergvlam het in die eindstryd vir Hoërskool Ferrum ‘n afranseling van 19-0 gegee. Louw het op sy prestasie voortgebou en twee drieë gedruk. Christiaan Greyling is as die speler van die wedstryd vir sy inklimspel en uitmuntende verdediging aangewys.

Bergvlam kom dié naweek teen Hoërskool Kanonkop te staan.Berg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button