School sportSport

Vlammies se krieketspanne loop oor hulle opponente

Twee van Hoërskool Bergvlam se krieketspanne het die afgelope naweek maklik met Malekutu afgereken.

Bergvlam se o/15’s het Malekutu vir ‘n skamele 32 lopies uitgeboul. Vlammies het die telling na net ses beurte verbygesteek en die wedstryd met 10 paaltjies gewen.

Lees ook: Bergies se eerstes maak geskiedenis met die kolf

Die eerste krieketspan van Bergvlam het op hulle tuisvelde teen Malekutu kragte gemeet. Die besoekers het eerste gekolf en 62 vir 10 na 28 beurte aangeteken.

DSC_0052 (Medium)

Die tuisspan se Dylan Sjoblom het drie paaltjies na net agt lopies platgetrek.

Bergvlam se kolwers het die wenlopies in die 14de boulbeurt aangeteken met die verlies van net twee paaltjies.

Dylan de Almeida het 28 lopies, nie uit nie, geslaan.

DSC_0159 (Medium)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button