‘n Fees van sewesrugby wag die naweek by BHS
Die sesde Makhonja Sewestoernooi skop Saterdag op Hoërskool Barberton se rugbyvelde af.

Barberton se o/15’s is die verdedigende kampioene van die toernooi.
Barberton se o/17’s het verlede jaar teen Hoërskool Middelburg (MHS) in die eindstryd vasgeval. Hulle is in poel C saam met Lowveld High School, Hendrina en Hoërskool Kriel.
Lees ook: Boorling van Barberton vir Junior Wêreldbeker gekies
Altesaam 72 wedstryde word tussen 07:30 en 17:30 gespeel deur 32 spanne is. Hoërskool Nelspruit (NHS), Penryn College, Curro Nelspruit, Rob Ferreira en Sybrand van Niekerk (SVN) is van die ander plaaslike skole wat vir die gesogte titel sal meeding.
Só speel die spanne:
O/17’s
Poel A – MHS, Secunda, Morgenson Landbou Akademie (MLA) en Penryn
Poel B – NHS, SVN, Rob Ferreira en Curro
Poel C – HTS Witbank 1, Lowveld High, Hendrina en Kriel
Poel D – BHS, Steelcrest, HTS Witbank 2 en Hoëveld

O/15’s
Poel A – MHS, S.Crest, Kriel en BHS 2
Poel B – Hoogenhout, SVN, BHS 1 en Rob Ferreira
Poel C – NHS, Penryn, Hoëveld en ‘n loslootjie
Poel D – Secunda, Curro, Hendrina en ‘n loslootjie.

