Stryd lê nou voor om kampioene te bepaal
Die laerskole se Ehlanzeni-streekskampioene word môre op Uplands Preparatory se hokkievelde beslis.

Laerskole Nelspruit en Witrivier se o/12-dogterspanne meet om 15:35 op die grasvelde kragte terwyl Lydenburg en Whities se o/12-seunspanne ook daardie tyd vir die kampioentitel uitspeel.
Die o/13-seuns- en dogterspanne speel vroeër die dag nog in uitspeelwedstryde. Die spanne wat in die eindstryd van die seuns koppe gaan stamp, word deur Witrivier en Riverview Preparatory bepaal, terwyl Uplands Prep en Laerskool Bergland in die ander kwalifiserende wedstryd in aksie gaan wees.
Nellies se o/13’s speel in die eerste kwalifiseringstryd teen Malelane en Penryn Preparatory en Laerskool Laeveld gaan vir ‘n plek in die eindstryd veg.
Só speel die spanne (uitspele):
14:00
• O/11-seuns: Witrivier vs. Nelspruit
• O/13-seuns: Witrivier vs. Riverview
• O/13-dogters: Nelspruit vs. Malelane
• O/13-dogters: Penryn vs. Laeveld
14:50
• O/11-dogters: Penryn vs. Nelspruit
• O/11-dogters: Lydenburg vs. Malelane
• O/11-seuns: Uplands vs. Malelane
• O/13-seuns: Uplands vs. Bergland.
Eindstryd
• O/12 (seuns en dogters) – 15:35
• O/11 – 16:25
• O/13-dogters – 15:50
• O/13-seuns – 16:45.








