School sportSport

Laerskool se fietsryers laat ander in stof byt

Laerskool Malelane se fietsryspan doen steeds goed in die onderskeie reekse en wedrenne waarin hulle die afgelope naweek deelgeneem het.

Laerskool Malelane se fietsryspan is tans in die vierde plek in die Spur Mpumalanga Skole Bergfietsreeks en gaan hierdie naweek aan die volgende been in Secunda deelneem.

Fietsryers se punte vir die vier beste wedrenne uit die reeks van sewe, wat die laaste wedren moet insluit, tel vir ‘n wenpunt.

Jooste Coetzee het die been by Penryn College gewen en gaan dus nie aan die volgende een deelneem nie.

Coetzee en Waldo Potgieter het verlede Saterdag aan die Ashburton Investments-maratonreeks se Dullstroom-been deelgeneem.

Potgieter doen baie goed in maratonne en is tans agtste in die land vir die SA Maraton-reeks. Coetzee het in die 22km die sprog-afdeling gewen en Potgieter het derde gekom.

Die laaste wedren vind op 15 Oktober by Rooiberg in Limpopo plaas. Afhangend van Potgieter se deelname daar, sal hy ‘n eerste of tweede posisie in die reeks behaal.

Briaan le Grange is ook sterk op pad om ‘n kampioen-fietsryer te word. Hy is tans een van die voorlopers in die sub-nipper-afdeling in die Spur-reeks.

Hy het die afgelope naweek in Nylstroom aan die Kwagga Trail MTB Race deel-geneem. Hy was algeheel tweede in die 10km en het sy kategorie gewen.

Jooste Coetzee tydens die Ashburton Investments-reeks se Dullstroom-been.
Jooste Coetzee tydens die Ashburton Investments-reeks se Dullstroom-been.

Coetzee, wat hierdie jaar twee kampioen-titels verwerf het, begin eersdaags met voorbereidings vir volgende jaar. Die eerste nasionale wedren van die jaar vind al aan die begin van Februarie in Kaapstad plaas en Coetzee wil seker wees dat hy fiks en gereed daarvoor is.

Lees oor ander Lanie fietsry-prestasies:

Lanies-fietsryspan in Spur-reeks

Young cyclist wins his second championship title

Plaaslike fietsryers skitter by MTB-byeenkomste

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button