School sportSport

Vyf uit vyf vir NHS se krieketspanne

Hoërskool Nelspruit se krieketspanne het in al vyf van die wedstryde wat hulle verlede week gespeel het, koning gekraai.

Die o/15B-span het kragte teen Lowveld High School gemeet en met nege paaltjies gewen.

Lees ook: NHS krieket kook!

NHS se derde span het teen Curro Nelspruit se tweedes te staan gekom en met 48 lopies geseëvier. Die o/14B-span het hulle teëstander, Hoërskool Bergvlam se o/14A’s met 70 lopies geklop.

‘n Reuse-oorwinning van 256 lopies is deur die o/15A-span teen Uplands College behaal. Chyle van Zyl het met sy kolf in die hand geskitter toe hy 100 lopies, nie uit nie, gemoker het.

Lees ook: Eerste krieketspan klop HTS Witbank

Die tweedes het ‘n oorwinning van agt paaltjies oor Hoërskool Rob Ferreira behaal.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button