Lions-spelers deel krieketkennis met NPS
Huidige Suid-Afrikaanse Skole-krieketkaptein, Wiaan Mulder en Aya Myoli, 'n snelbouler van Johannesburg, het 'n krieketkliniek vir die geesdriftige spelers van Nelspruit Primary aangebied. Die twee is by die Bizhub Highveld Lions gekontrakteer.

Tydens Krieket Suid-Afrika se jaarlikse amateursprysuitdeling, het Mulder met drie toekennings weggestap. Hy is as die Coca-Cola o/19-speler van die jaar, Coca-Cola T20-krieketspeler van die jaar aangewys en het ook die prys vir die Coca-Cola Khaya Majola-krieketspeler vir die toernooi ontvang.
Myoli het sy eersteklas-debuut vir die Boland teen die Vrystaat in 2010 in Oos-Londen gemaak.
“Dankie aan Gerhard van Tonder van Konica Minolta vir die borg van ons nuwe krieketmatte. Die spelers het geweldig baie by Wiaan en Aya geleer,” het Albert van Putten van Primary gesê.
Hoofseun van Primary, Khaya Fakude het vroeër vanjaar ‘n beurs by die top-krieketskool in die land, King Edward VII (KES) in Johannesburg losgeslaan.
Lees ook: Local follows in footsteps of the greats































