School sportSport

Atleet maak spiesgooi-geskiedenis

Die eerste skote vir vanjaar se voorseisoen-atletiekbyeenkoms, het verlede Donderdag op Hoërskool Nelspruit se baan geklap. Atlete van NHS, hoërskole Rob Ferreira, Lydenburg en Lowveld High, het getoon dat hulle reeds slaggereed vir die seisoen is.

Een van die hoogtepunte, was die reusegooi van 71,91m waarmee Nellies se tweemalige Suid-Afrikaanse kampioen, Werner Bouwer, die rekordboeke herskryf het. Hy is die eerste seun in die geskiedenis van NHS wat die spies verder as 70m kon laat grondvat het. Dit plaas hom onder die top-vier in sy ouderdomsgroep (landswyd) vir 2016, asook een van die top-15 spiesgooiers, wat seniors insluit.

Lees ook: Kwaai mededinging pas mooi in Nellies se kraal

 

Span- en oefenmaats Joshua Maass en Stefan Smit (albei o/16) het in die item vir seuns o/17, met uitstekende afstande van 63,31m en 61,35m onderskeidelik, ook gewys dat hulle vroeg reeds die oog op groot afstande vir 2017, het.

IMG_0737_edited-1 (Small)

Ook Stephan van der Bank (o/19) het op sy eerste byeenkoms met die swaarder 800g-spies, met ‘n 52,40m gewys dat hy ook weer ‘n krag gaan wees om mee rekening te hou. Maass kan ook baie tevrede met sy verspringafstand van 6,38m voel.

Nerina Visser (Small)

Die 800m vir meisies o/17 was een van die beste wedlope van die dag. Hier was dit vier Nellies wat mekaar tot verby die wenstreep opgedreun het. Jessica Berry (2:22:5) is deur Nicola Cronje (2:22:6) gevolg, Thembi Cossa (2:31:5) en Lizaan de Blanche (2:34:4) was kort op hulle hakke. Suzaan Nel (vanjaar se top-o/14-atleet) het die oog met uitstekende tye in veral die 100m (12,4sek) en 300m (43,7sek) gevang.

Lees ook: Nellie vaar puik by SA-skolekampioenskappe

Ook Nerina Visser (o/19) lyk na ‘n atleet wat in 2017, baie punte vir haar span kan loshardloop. Sy wen die 100m (13,0sek), 300m (42,7) en ook die 100m-hekkies (17,1sek).

Attie Smit (vanjaar nog o/14) het met brute Nellie-guts net-net die bors voor Rob Ferreira se Thapelo Segage, oor die wenstreep in die seuns o/15 se 800m gestoot. Hul tye van 2:11:8 en 2:11:9, wys duidelik hoe straf die mededinging was.

Mila de Villiers (Small)

Cherise van Duyker (wat as 15-jarige, aan die o/17-items moes deelneem), is ook ‘n naam wat maar fyn dopgehou kan word. Haar tyd vir die 100m-hekkies (16,6sek) is werklik baie goed vir hierdie tyd van die jaar. Sy het ook die 300m in 45,4sek gewen.

‘n Baie interessante stryd wag komende seisoen in die gewigstoot vir Jacques Marais (14,50m) en Douw Kruger (14,25m), albei o/15 wat reeds hul beste afstande vir 2016 verbeter het, en Xander Rutherford is ook nog daar om die kaarte deurmekaar te krap.

Van die ander uitslae wat beslis genoem moet word, sluit in (Nellies, behalwe  anders aangedui):

Lourens Potgieter (s.15): 300m – 39.1 sek., ook 100m – 11.8 sek.

Thapelo Segage , Rob F (s.15): 300m – 39.2 sek.

Banele Muwayi , Lowveld H (s.15): driesprong – 11,21m

Johannes Beytell , Lydenburg (s.15): 100m hekkies – 14.8 sek., ook 100m – 11.9 sek.

Conrad Grobbelaar (s.15): 800m – 2:12.1

Marius Klopper , Rob F (s.15): 100m hekkies – 14.9 sek.

Ruan Labuschagne (s.17): 300m – 37.4 sek.

Marumo Setshaba , Lowveld H (s.17): driesprong – 12,22m

Jaytee Boers (s.17): driesprong – 12,04m

Janco Pretorius (s.17): spiesgooi – 49,12m

Amos Khoza , Rob F (s.17): 800m – 2:00.5

Tertius Mentz (s.17): 800m – 2:03.4

Charlie Naude (s.17): 800m – 2:06.0

De Villiers Basson (s.19): 800m – 2:02.8 , ook 300m – 36.7 sek.

Norbert Ponisammy , Lowveld H (s,19): 100m – 11.0 sek., ook verspring – 6,61m

Leon Pienaar (s.19): 300m – 36.5 sek.

Frank Muwayi , Lowveld H (s.19): driesprong – 13,33m

Izak Beytell , Lydenburg (s.19): 110m hekkies – 15.6 sek.

Tyla Kotzee (m.15): 300m – 45.7 sek., ook 100m hekkies – 18.0 sek.

Christine Kruger, Rob F. (m.15): gewigstoot – 11,34m

Mila de Villiers (m.15): 800m – 2:33.7

Leonine Gildenhuys (m.15): 800m – 2:36.7

Megan Nel (m.17): driesprong – 10,12m

Sumarie Bekker, Rob F (m.17): gewigstoot – 11,74m

Marne van Aarde (m.17): spiesgooi – 35,61m

Michelle Bouwer (m.17): spiesgooi – 30,11m

Gugu Nkambule , Lowveld H (m.19): verspring – 4,95m

Megan Caldeira (m.17): gewigstoot – 10,56m

Lizaan Olivier (m.17): 10,31m

Shana Scott , Laerskool Nelspruit (m.13): gewigstoot – 10,21m, asook spiesgooi – 28,90m

Tiaan Basson (senior atleet): 800m – 1:55.2 , ook 300m – 35.5 sek.

IMG_0884_edited-1 (Small)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button