School sportSport

Die span van Nellies het vir seker nie brieke nie

Hoërskool Nelspruit se eerste krieketspan het die afgelope naweek hul staal teen Hoërskool Middelburg gewys.

Die Nellies het dié onoorwonne span van Middelburg, wat ook die eerste plek in die groep beklee, met agt paaltjies geklop en met ‘n bonuspunt van die veld gestap. Jon Hinrichsen se boulwerk was uitstekend en hy het vyf paaltjies vir 16 lopies ingepalm.

Die derde krieketspan het verlede Woensdag in die eindstryd van die tweede krieketliga teen Beacon College meegeding en hulle met 66 lopies geklop.

Albei die o/15A- en o/15B-spanne het goeie oorwinnings teen onderskeidelik Middelburg met 10 paaltjies en Uplands College met 173 lopies behaal. Duan Bekker het vyf paaltjies vir 12 lopies vir die o/15A’s gevat.

Die o/14B’s het die o/14A’s van Hoërskool Rob Ferreira met vyf paaltjies geklop, terwyl Hoërskool Bergvlam se o/15A’s NHS se o/14A’s met 36 lopies uitoorlê het. Die o/14B’s se Stephan Nel het vyf paaltjies vir 14 lopies geneem.

Die tweede span het teen Malekutu se eerste span kragte gemeet en ‘n oorwinning van vyf paaltjies behaal. Pierre Taljaard het geskitter en vyf paaltjies vir 28 lopies geneem.

Wedstrydbepalings vir die week
• Woensdag 21 September – NHS 2 vs. Curro Nelspruit (tuis)
• Donderdag 22 September – NHS o/14B vs. Penryn College o/14A
• Saterdag 24 September
• O/15A vs. HTS Witbank (tuis)
• NHS 1 vs. HTS Witbank (weg)
• NHS 2 vs. Lydenburg (weg)
• O/14A vs. Barberton o/15A (weg).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button