School sportSport

Krieketkaptein neem bal in eie hande

Hoërskool Bergvlam se o/15-krieketspan het die afgelope naweek kragte teen Hoërskool Nelspruit se o/14's gemeet met Bergvlam wat as wenners uit die stryd getree het.

Bergvlam se span, wat uit nege o/14’s en twee o/15’s bestaan, het die loot gewen en besluit om eerste te kolf.

Lunga Ngwenyama en Aiden Jordaan was Bergvlam se beste kolwers van die dag met tellings van onderskeidelik 28 en 26.

Lees ook: Hoërskool Bergvlam in Beeld-trofee se kwarteind

Bergvlam het uiteindelik hul beurt op 163 vir 9 geëindig.

NHS het goed begin, en was op ‘n stadium met 81 lopies vir die verlies van net een paaltjie goed op dreef.

Kaptein van Vlammies, Zaakir Bellim het toe besluit om sake in sy eie hande te neem en het vier paaltjies in agt beurte na slegs 12 lopies gevat.

Nelspruit is vir 126 lopies uitgeboul – 37 lopies kort van Bergvlam se 163.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button